Quantcast
Soek

Artikels - kursus

Praktiese inligting omtrent kursus

Plek:
Die kursus word aangebied op Loeriespoort, wat geleë is in ‘n pragtige landelike Bosveld-omgewing net buite die immer gewilde vakansiedorp Warmbad (nou Bela-Bela)....

Lees meer...
 
Verander jou omstandighede deur jou persepsie daarvan te verander
  • Hoe om veilige omstandighede te skep deur dit vir jouself veilig te maak
  • Beleef frustrasie as 'n aanwyser van watter energieveld geblokkeer word
  • Vervang reaktiewe optrede met proaktiewe optrede
  • Dink vanuit die prefrontale brein in plaas van die primitiewe brein
 
Uitkomste van Streshanterings kursus

Ons weerhou ons van dissosiasie en is eerder ten volle teenwoordig in elke moment.
Dikwels verdoof ons kinderdae pyn met dissosiasie soos dagdrome , verslawings, onttrekking, ens. Ons moet eksistensieel volledig voel sodat die ware self kan ontvou. Ons moet dus genoegsaam persoonlike werk gedoen het om die diep onderliggende vrees van “nie wees nie” , uit te wis.

Lees meer...
 
Tuis Dienste Streshantering Streshanterings kursus II
Streshanterings kursus II PDF Print E-pos
Geskryf deur Cornel van der Merwe   

Beskrywing :

Die kursus word verdeel in twee dele van twee dae elk. Dit word aanbeveel dat beide kursusse gevolg word ten einde die volle voordeel daaruit te haal. Die kursus word op twee vlakke aangebied – informasie word altyd opgevolg deur ‘n ervaringproses om die informasie te integreer.
  1. Verduideliking en ervaring van nuwe tegnieke en metodes om geblokkeerde lewensenergie te ontsluit en voluit  jou eie unieke individu  te wees.
  2. Verduideliking en ervaring van metodes om sellulêre geheue te ontdek en om op sellulêre vlak blokke te verwyder.
  3. Verduideliking en ervaring van die sg “sirkel van onderbreking” om vas te stel op watter stadium in hierdie sirkel lê jou obstruksie tot groei.
  4. Verduideliking en ervaring van emosionele vryheid, selfgeldenheid en om vanuit integriteit op te tree.
  5. Herkenning van ons eie aanpassings en verdedigings wat ons vanuit kinderjare opgebou het, maar wat nou nie meer ons hoogste groei dien nie.
  6. Ontmoet ons skadu dele sonder vrees en neem die groeigeskenke wat dit ons bied.
  7. Begryp wanopvattings wat ons ook vanuit kinderjare vorm en wat ons in slegs een pool van ons werklikheid laat leef. Ook dat dit aanleiding  gee tot veroordeling van die ander en tot oorlog in die kleine sowel as op makro vlak.
  8. Elke dag word begin met terugvoer en ‘n oefening in “verstandigheid” (mindfulness)  en afgesluit met gekonnekteerde asemhalingwerk.

Elkeen van hierdie onderwerpe of enige ander probleem kan dan later op individuele vlak in diepte deurgewerk word, indien nodig.

Waar :

Die kursus word aangebied op Loeriespoort, wat geleë is in die pragtige landelike Bosveld-omgewing net buite die immer gewilde vakansiedorp Warmbad (nou Bela-Bela). Dit is ongeveer 1 uur se ry vanaf Pretoria, en slegs 4 km van die besighede in Warmbad. Verblyf in Loeriespoort-selfsorg-eenhede is ingesluit by die kursusfooi.

Praktiese inligting:

  1. U is verantwoordelik vir u eie etes.
  2. Verversings word deur die dag voorsien.
  3. Kleredrag is informeel. Bring gerus swemklere saam in geval u in die swembad wil afkoel.Handdoeke en beddegoed word verskaf.
  4. Stapskoene word aanbeveel
  5. Asseblief geen alkohol gebruik  tydens die werkswinkel nie.

Koste :

Die koste aan die 2 dag werkswinkel, met verblyf ingesluit : R 2000.00 per persoon. Die gelde is betaalbaar by registrasie. Afbetaling is egter ook moontlik indien so reëling getref word.

 

Datums en registrasie :



Voeg hierdie bladsy by u gunsteling "Social Bookmarking" webtuiste
Digg! Reddit! Del.icio.us! Mixx! Free and Open Source Software News Google! Live! Facebook! StumbleUpon! TwitThis Joomla Free PHP