Quantcast
Soek

Artikels - kursus

Praktiese inligting omtrent kursus

Plek:
Die kursus word aangebied op Loeriespoort, wat geleë is in ‘n pragtige landelike Bosveld-omgewing net buite die immer gewilde vakansiedorp Warmbad (nou Bela-Bela)....

Lees meer...
 
Verander jou omstandighede deur jou persepsie daarvan te verander
  • Hoe om veilige omstandighede te skep deur dit vir jouself veilig te maak
  • Beleef frustrasie as 'n aanwyser van watter energieveld geblokkeer word
  • Vervang reaktiewe optrede met proaktiewe optrede
  • Dink vanuit die prefrontale brein in plaas van die primitiewe brein
 
Uitkomste van Streshanterings kursus

Ons weerhou ons van dissosiasie en is eerder ten volle teenwoordig in elke moment.
Dikwels verdoof ons kinderdae pyn met dissosiasie soos dagdrome , verslawings, onttrekking, ens. Ons moet eksistensieel volledig voel sodat die ware self kan ontvou. Ons moet dus genoegsaam persoonlike werk gedoen het om die diep onderliggende vrees van “nie wees nie” , uit te wis.

Lees meer...
 
Tuis Dienste Streshantering Streshanterings kursus I
Streshanterings kursus I PDF Print E-pos
Geskryf deur Cornel van der Merwe   

identProbleem is dat ons dikwels vasgevang raak in ons lewenspatrone en dan overgenoegd voel met ons self, ons werk, ons verhoudinge en met die lewe in die algemeen.

Beskrywing :


So asof ons weet daar is meer in die lewe as net die daaglikse sleur patrone, maar ons weet nie hoe om daaruit te ontsnap op ‘n verantwoordelike manier nie!


Ons eie oplossing is dan dikwels om nog harder te werk, of ons oor te gee aan verslawings of om sommer gewoon net moed op te gee, wat dan dikwels lei tot ernstige psigiese en/of psigiese kwale.

 

Ident bied ‘n Streshanterings Kursus aan wat sy ontstaan oor baie jare het en al vir vele mense tot groot hulp was.


Die kursus word verdeel in twee dele van twee dae elk. Dit word aanbeveel dat beide kursusse gevolg word ten einde die volle voordeel daaruit te haal. Die kursus word op twee vlakke aangebied – informasie word altyd opgevolg deur ‘n ervaringproses om die informasie te integreer.


  • Verduideliking en ervaring van die onderlinge konneksie van alle dinge en die belang daarvan in ons elke dag se bestaan.
  • Verduideliking en ervaring van die belang van die simptoom/probleem in ons lewe en dat dit eintlik ons wil dwing tot ‘n diepere proses van groei en heling.
  • Verduideliking en ervaring van hoe ons vorming in ons kinderjare ons volwasse lewe beïnvloed en praktiese metodes hoe om daar verby te kom sodat ons voluit in die hier en die nou kan pulseer in ons natuurlike lewensenergie.
  • Verduideling en ervaring van die slagoffer driehoek tesame met die begrip van ko-afhanklikhied en hoe om daaruit te ontsnap.
  • Verduideliking en ervaring hoe om bewus te raak hoe  foutiewe gedagtes die oorsaak is van alle lyding en hoe om dit te verwyder.
  • Stres hantering tegnieke
  • Elke dag word begin met terugvoer en ‘n oefening in “verstandigheid” (mindfulness)  en afgesluit met gekonnekteerde asemhalingwerk.
Datums en registrasie vir :

Waar :

Die kursus word aangebied op Loeriespoort, wat geleë is in die pragtige landelike Bosveld-omgewing net buite die immer gewilde vakansiedorp Warmbad (nou Bela-Bela). Dit is ongeveer 1 uur se ry vanaf Pretoria, en slegs 4 km van die besighede in Warmbad. Verblyf in Loeriespoort-selfsorg-eenhede is ingesluit by die kursusfooi.

Praktiese inligting:

  1. U is verantwoordelik vir u eie etes.
  2. Verversings word deur die dag voorsien.
  3. Kleredrag is informeel. Bring gerus swemklere saam in geval u in die swembad wil afkoel.Handdoeke en beddegoed word verskaf.
  4. Stapskoene word aanbeveel
  5. Asseblief geen alkohol gebruik  tydens die werkswinkel nie.

Koste :

Die koste aan die 2 dag werkswinkel, met verblyf ingesluit : R 2000.00 per persoon. Die gelde is betaalbaar by registrasie. Afbetaling is egter ook moontlik indien so reëling getref word.

Datums en registrasie vir :



Voeg hierdie bladsy by u gunsteling "Social Bookmarking" webtuiste
Digg! Reddit! Del.icio.us! Mixx! Free and Open Source Software News Google! Live! Facebook! StumbleUpon! TwitThis Joomla Free PHP