|
Geskryf deur Freek van der Merwe
|
|
Ouers, onderwysers of ander versorgers sukkel soms om vas te stel wat `n kind pla. Om te vra wat is fout, kom die antwoord: ”niks nie”. Dit laat die volwassene met `n gevoel van magteloosheid.
Spelterapie Ouers, onderwysers of ander versorgers sukkel soms om vas te stel wat `n kind pla. Om te vra wat is fout, kom die antwoord: ”niks nie”. Dit laat die volwassene met `n gevoel van magteloosheid. Spelterapie maak van projeksietegnieke gebruik om dit vir die kind veilig genoeg te maak om die “probleem” volgens sy eie begrip konkreet te maak en dan self `n oplossing te vind. Die voordeel vir sowel die ouer/onderwyser/versorger as vir die kind is dat die kind nie as pasiënt behandel word en dan met `n simptoom geëtiketeer word nie. Die kind doen dit (speel) wat hy die graagste en beste kan doen en groei daardeur in `n nuwe lewensfase in.
Wie bied dit aan
Spelterapie wor aangebied deur Freek van der Merwe.
Kostes
Sessies beslaan 'n uur en 'n half.
Freek van der Merwe se uurlikse tarief beloop R400.00 per sessie.
Afsprake
Vir afsprake kliek hier |