Quantcast
Soek

Artikels - kursus

Praktiese inligting omtrent kursus

Plek:
Die kursus word aangebied op Loeriespoort, wat geleë is in ‘n pragtige landelike Bosveld-omgewing net buite die immer gewilde vakansiedorp Warmbad (nou Bela-Bela)....

Lees meer...
 
Verander jou omstandighede deur jou persepsie daarvan te verander
  • Hoe om veilige omstandighede te skep deur dit vir jouself veilig te maak
  • Beleef frustrasie as 'n aanwyser van watter energieveld geblokkeer word
  • Vervang reaktiewe optrede met proaktiewe optrede
  • Dink vanuit die prefrontale brein in plaas van die primitiewe brein
 
Uitkomste van Streshanterings kursus

Ons weerhou ons van dissosiasie en is eerder ten volle teenwoordig in elke moment.
Dikwels verdoof ons kinderdae pyn met dissosiasie soos dagdrome , verslawings, onttrekking, ens. Ons moet eksistensieel volledig voel sodat die ware self kan ontvou. Ons moet dus genoegsaam persoonlike werk gedoen het om die diep onderliggende vrees van “nie wees nie” , uit te wis.

Lees meer...
 
Sisteme PDF Print E-pos
Geskryf deur Cornel van der Merwe   
Indien ons meer klem lê op die vryheid van die individu en sy regte as op die van die grotere geheel. Dit is asof ons die goddelike opdrag om te heers geïnterpreteer het as om te kontroleer eerder as om te versorg. Ons het definitief nie die interafhanklikheid van alles raakgesien nie.

Ons het geleidelik meer bewus geraak dat alles onder die invloed van die ”Web van die Lewe”  is en dat die heelal in ‘n wonderwerk van interafhanklike sisteme georganiseerd is en dat niks los van iets anders kan funksioneer nie. Trouens dit lyk al hoe meer of die begrip van “diskonneksie” eintlik die oer wanopvatting van die mens is wat aanleiding gegee het tot die ”uitdryf uit die Paradys” of tot die ontstaan van menslike lyding.

Op kwantum vlak waar daar ‘n gedurige energie dans plaasvind tussen die virtuele energie  partikels is daar ‘n ongelooflike interafhanklikheid tussen die partikel vorm en die golfie vorm van die subtiele energie. En in hierdie dans kom daar dan ‘n onbeperkte nuwe skepping moontlikheid na vore waarin ons regtig tot alles in staat is. Hierdie dans waarin die kontak tussen twee partikeltjies slegs 0.5 m.watt lig afgee het egter die potensiaal om almal saam meer lig te verskaf as ‘n klomp sonne tesame. Ons menslike dans lyk dalk onbenullig van die perspektief van een mens, maar saam kan ons berge versit en i.p.v. oorlog saam ons onontginde  skepping potensiaal  leef.

Hierdie begrippe het ‘n “Nuwe Wêreld” oopgesluit met onbeperkte nuwe moontlikhede op alle terreine van ons menslike bestaan. Dit is egter natuurlik glad nie ‘n “nuwe wêreld” nie, maar het nog altyd in die Skepping bestaan – ons was net nie bewus daarvan of het net nie die nodige vaardighede en kennis gehad om dit waar te neem nie.

Ident (Instituut vir lewensenergie en Nuwe Tegnieke) spreek d.m.v die “Streshanterings kursus” al hierdie fasette aan en skep ‘n veilige atmosfeer waarin vrese vir verandering oorwin kan word en dit moontlik word om vreugdevol in die moment te pulseer, ten volle bewus van die genade wat mens beleef in die teenwoordigheid van God.


Voeg hierdie bladsy by u gunsteling "Social Bookmarking" webtuiste
Digg! Reddit! Del.icio.us! Mixx! Free and Open Source Software News Google! Live! Facebook! StumbleUpon! TwitThis Joomla Free PHP