|
Aanwysings na Roodepoort 100 / Loeriespoort
· Warmbad/Pta hoofweg
· Tweede Warmbad afrit vanaf Pretoria (Warmbad/Settlers)
· Tot by T-aansluiting by Waterfront
· Draai regs, dan reguit aan tot by volgende T-aansluiting, dan
· Links, en reguit aan tot by die volgende T-aansluiting, dan
· Regs by die volgende T-aansluiting
· Links in Chris Hani-straat
· Verby Aventura-vakansieoord en die hospitaal, tot by die 1ste verkeersirkel, dan
· Links op die Rooiberg/Thabazimbi-pad
· Draai regs by die 2de straat (Swanepoel Str. – dit loop voor die Hoërskool Warmbad verby.) Die eerste Roodepoort-teken is ook hier sigbaar.
· Die pad kronkel vir ± 1.5 km. By die 2de Roodepoort-teken draai skerp regs op ‘n grondpad.
· Ongeveer 2 km verder op die grondpad is Roodepoort 100 aan die regterkant. Ry asb. baie versigtig op die grondpad!
- Latitude = -24.886919
- Longitude = 28.248146
|