|
Ons kan jou help om die verhouding van jou drome te ontdek met ‘n helingsproses van dialoog en herverbintenis
Is jy tans in ‘n verhouding wat in die moeilikheid is? Wonder jy wat het van die mens geword waarop jy verlief geraak het? Sal jy graag die liefde wat jy eens gehad het, weer wil herontdek en dit vir altyd wil behou?
Imago.... ‘n nuwe weg tot liefde
As ons op iemand verlief raak, dan is die liefde veronderstel om vir altyd te wees. Ons ontmoet die persoon van ons drome en daar vind ‘n wonderbaarlike verandering in ons plaas. Ons voel lewendig, heel, in verbinding met die wêreld en die mense daar binne. Dan, as ons weer sien, is die towergevoel weg. Ontnugter, met ons drome aan skerwe, voel ons kwaad en bedrieg.
Ons probeer ons maats oortuig om vir ons te gee wat ons nodig het. Ons kritiseer, ons onttrek, ons blameer, ons intimideer, ons huil. Party van ons val vir jare in hierdie pynlike magstryd vas totdat ons óf opbreek óf hulp soek, desperaat om die aanvanklike towerkrag terug te kry wat ons eens gehad het.
Beskryf dit die verhouding waarin jy tans is? Sal jy graag die oorspronklike passie en intimiteit wil herstel wat jy voorheen gehad het? Of is jy ‘n enkellopende wat die liefde van jou lewe soek? Wat ookal jou situasie is, Imago kan jou ‘n nuwe weg tot liefde wys.
Wat gaan hier aan?
Romantiese liefde is die onderbewuste se manier om die oorspronklike ontspanne vreugdevolheid wat ons as ‘n kind gevoel het, te herstel. Met hierdie doel voor oë, soek ons onbewus in verhoudings na mense wat emosioneel verteenwoordigend is van ons primêre versorgers, beide positief en negatief – jy soek jou Imago pasmaat. Die woord, Imago, kom van die Latynse woord vir prentjie. Alhoewel ons versorgers beide positiewe en negatiewe trekke het, is dit veral die negatiewe trekke wat ‘n groot rol in ons verhoudings speel.
Dit alles skep baie verwarring en ontnugtering. Gelukkig, ingebed in die ontnugtering, is alles wat jou verhouding nodig het vir jou groei en vir jou heling.
Wat doen Imago?
Imago Verhoudingsterapie voorsien al die gereedskap en tegnieke wat nodig is vir die transformasie van jou verhouding. Dit verskaf ook belangrike onmiddellike verligting. As ons onbewus bly van die verskuilde agenda van romantiese liefde, hou ons aan om dieselfde foute te maak. Ons moet begryp dat konflik groei is wat probeer om te gebeur. Deur ons probleme met Imago Dialoog op te los, verdiep ons die emosionele band wat aanvanklik in romantiese liefde geskep is tot die kragtige binding van ware liefde. Imago verhoudingsterapie skep die veilige ruimte vir heling en groei wat kan lei tot die verhouding van jou drome. |