| Imago.... 'n nuwe weg tot liefde |
|
|
|
| Geskryf deur Kobus van der Merwe |
Imago.... ‘n nuwe weg tot liefdeAs ons op iemand verlief raak, dan is die liefde veronderstel om vir altyd te wees. Ons ontmoet die persoon van ons drome en daar vind ‘n wonderbaarlike verandering in ons plaas. Ons voel lewendig, heel, in konneksie met die wêreld en die mense daar binne. Dan, voordat ons weer sien, is die tower gevoel weg. Ontnugter, met ons drome aan skerwe, voel ons kwaad en bedrieg. Ons probeer ons maats oortuig om vir ons te gee wat ons nodig het. Ons kritiseer, ons onttrek, ons blameer, ons intimideer, ons huil. Party van ons val vir jare in hierdie pynlike magstryd vas totdat ons óf opbreek óf hulp soek, desperaat om die aanvanklike towerkrag terug te kry wat ons eens gehad het. Beskryf dit die verhouding waarin jy tans is? Sal jy graag die oorspronklike passie en intimiteit wil herstel wat jy voorheen gehad het? Of is jy ‘n enkellopende wat die liefde van jou lewe soek? Wat ookal jou situasie is, Imago kan jou ‘n nuwe weg tot liefde wys. Wat gaan hier aan?Romantiese liefde is die onderbewuste se manier om die oorspronklike ontspanne vreugdevolheid, wat ons as ‘n kind gevoel het, te herstel. Met hierdie doel voor oë, soek ons onbewus in verhoudings na mense wat emosioneel verteenwoordigend is van ons primêre versorgers, beide positief en negatief – jy soek jou Imago passing. Die woord Imago kom van die Latynse woord vir prentjie. Alhoewel ons versorgers beide positiewe en negatiewe trekke het, is dit veral die negatiewe trekke wat ‘n groot rol in ons verhoudings speel.Dit alles skep baie verwarring en ontnugtering. Gelukkig, ingebed in die ontnugtering, is alles wat jou verhouding nodig het vir jou groei en vir jou heling. Wat doen Imago?Imago Verhoudings Terapie voorsien al die gereedskap en tegnieke wat nodig is vir die transformasie van jou verhouding. Dit verskaf ook belangrike onmiddelike verligting.
|