Quantcast
Soek
Tuis Dienste Kinders Gestalt spelterapie
Gestalt spelterapie PDF Print E-pos
Geskryf deur Freek van der Merwe   

Gestaltterapie is ʼn vorm van psigoterapie waardeur die kliënt aangemoedig word om te fokus op die hede (die nou en hier) en sy/haar gevoelens openlik en eerlik uit te druk en sodoende bewustelik daarmee om te gaan.

Spelterapie is 'n terapie waarin daar  van spel (speel) gebruik gemaak word om kommunikasie tussen die terapeut en die kliënt te fasiliteer. Speel is dit wat ʼn kind die beste  kan doen. Hulle is spesialis spelers. Spel is kinders se natuurlike kommunikasie met hulself om betekenis te gee aan hul wêreld, ou patrone te herken en nuwe besluite te kan neem.

Wanneer en waarom sal `n ouer sy/haar kind neem vir Spelterapie?

Alle kinders het hul eie vertolking van wat met hulle gebeur. Hierdie vertolking van hul ervarings lei tot aanpassings wat hulle maak. Dikwels verhoed die aanpassings dat die kind voluit kan leef. Spelterapie is dus ook nie net vir kinders wat simptome vertoon soos woede, angstigheid, bednatmaak, leuens vertel, posttraumatiese stres, steel ens. nie, maar vir alle kinders om optimaal te ontwikkel.

Van hoe jonk tot hoe oud?

Van 4 jaar tot 18 jaar.

Wie bied dit aan

Spelterapie word aangebied deur Freek van der Merwe.

Kostes

Sessies beslaan 'n uur en 'n half.

Freek van der Merwe se uurlikse tarief beloop R400.00 per sessie.

 

Afsprake

Vir afsprake kliek hier

 



Voeg hierdie bladsy by u gunsteling "Social Bookmarking" webtuiste
Digg! Reddit! Del.icio.us! Mixx! Free and Open Source Software News Google! Live! Facebook! StumbleUpon! TwitThis Joomla Free PHP